2016 Warden Veilingsverslag:

Op Dinsdag 30 Augustus 2016 is die 35ste produksieveiling van die Bovelder Bees Studiegroep by die Warden veilingskrale aangebied.  Die veiling het kopers getrek uit onder andere: Vivo, Pietersburg, Balfour, Ermelo, Vrede, Memel, Cornelia, Warden, Harrismith, Dewetsdorp, Reitz, Paulpietersburg en Estcourt. Nege en vyftig (59) drie jaar oue Bovelder bulle is aangebied en verkoop teen n gemiddelde prys R 75236.00 stuk. Die hoogste prys bul is teen R 280 000.00 verkoop en het behoort aan Deale Boerdery van Vrede en is verkoop aan n Bovelder Studiegroep lid, Farmer Skead van Lowlands farming, Estcourt.  Al die bulle op aanbod was streng gekeur en het vyf seleksies geslaag voor hul aangebied is. Al die bulle is ook reeds ten minste een keer gebruik voor hulle verkoop is.  Die afslaer was Johan van der Nest.

 
Farmer en Cronje Hoogste Prys Bul  

______________________________________________________________________________________________________________________________________

 
Bovelder Bees Studiegroep Bulveiling (6 Oktober 2015):

Vrystaat Streek Boeredag:

Op Woensdag 17 Februarie 2016  is die Vrystaat streek van die Studiegroep se boeredag by ALS Boerdery te Bothaspas Veilingskrale tussen Memel en Newcastle aangebied. Die dag is deur ongeveer 100 boere en belangstellendes bygewoon. Johan Janse van Rensburg het eerstens agtergrond gegee oor die aktiwiteite van die ALS groep. Daarna het Dr. Chris Nel inligting oor die geskiedenis en werksaamhede van die Bovelder Bees studiegroep gegee.  Dit is gevolg deur Dr. At Viljoen wat die geskiedenis en vordering van die ALS Boerdery se Bovelderkudde bespreek het. Hierna is die ALS Boerdery Bovelderkudde besigtig. Die diere is voorwaar van 'n ho standaard en uitstaande kwaliteit. Die dag is afgesluit met 'n heerlike steakbraai ete. Die dag was 'n reuse sukses, baie dankie aan ALS boerdery.

______________________________________________________________________________________________________________________________________

 
Bovelder Bees Studiegroep Bulveiling (6 Oktober 2015):

Bovelder Bees Studiegroep Bulveiling (6 Oktober 2015):

Op Dinsdag 6 Oktober 2015 is die 34ste Produksieveiling van die Bovelder Bees Studiegroep by die Memel veilingskrale aangebied.  Die veiling het kopers getrek uit onder andere: Newcastle, Wakkerstroom, Secunda, Standerton, Vrede, Memel, Cornelia, Warden en Harrismith. 

Een en dertig drie jaar oue Bovelder bulle is aangebied en verkoop teen n gemiddelde prys R 38000.00 stuk. Die hoogste prys bul is teen R 70000.00 verkoop en het behoort aan mnr. Francis Mandy van Harrismith en is verkoop aan Grainvest Farming van Newcastle. 

Daar is ook 30 nie dragtige Bovelder verse namens Clan Green Ranches van Harrismith aangebied en verkoop.

Die afslaer was Mike Killassy.

______________________________________________________________________________________________________________________________________

 
Bovelder Bees Studiegroep Bulveiling (1 September 2015):

Bovelder Bees Studiegroep Bulveiling (1 September 2015):

Op Dinsdag 1 September 2015 is die 33ste Produksieveiling van die Bovelder Bees Studiegroep by die Warden veilingskrale aangebied.  Die veiling het kopers getrek uit onder andere: Vivo, Pietersburg, Bethal, Balfour, Secunda, Vrede, Memel, Cornelia, Warden, Harrismith, Vryheid, Dundee en Estcourt. 

Vier en veertig drie jaar oue Bovelder bulle is aangebied en verkoop teen n gemiddelde prys R 78409.00 stuk. Die hoogste prys bul is teen R 220000.00 verkoop en het behoort aan Hirsaw Livestock van Bethal en is verkoop aan n Bovelder studiegroep lid, Farmer Skead van Lowlands farming, Estcourt. 

Al die bulle op aanbod was streng gekeur en het vyf seleksies geslaag voor hul aangebied is. Al die bulle is ook reeds ten minste een keer gebruik voor hulle verkoop is.  Die afslaer was Johan van der Nest.


Hoogste Prys Bul
V.l.n.r: Kobus de Toit ( Hirsaw Livestock, Verkoper), Farmer Skead ( Koper ),
Johan Engelbrecht ( Hirsaw Livestock, Verkoper)

______________________________________________________________________________________________________________________________________

 
Bovelder-karkas haal R150/kg op Royal Skou 2015

Bovelder-karkas haal R150/kg op Royal Skou 2015

Die duurste beeskarkas op die Royal Skou is vir R150/kg opgeveil, wat die vorige SA rekord van R110/kg verbeter het.

Die Royal Skou se karkaskompetisie en -veiling, wat gesamentlik deur Landbouweekblad, BKB en die RPO geborg word, het vir n rekordprys gesorg. Die beste beeskarkas op die skou is vir R150/kg opgeveil, wat die vorige SA-rekord van R110/kg verbeter het. Die Bovelderkarkas wat deur KM De Jager & Seuns (Shaun) van Dundee geteel is en deur die Universiteit van KwaZulu-Natal gevoer, is deur die gewilde Oysterbox Restaurant in Umhlanga Rocks in Durban gekoop.

 
 
 
    

  Die Bovelder Studiegroep
  Diere te Koop
  Lede

  Johan Engelbrecht: 082 573 3877
  Dr Chris Nel: 083 654 9638
  Madeleine Nel: 084 428 9463

  2015 -2017 Bovelder Studiegroep
  Webblad Terme & Voorwaardes