|
Die teeldoelwitte daardie tyd was om n funksionele doeltreffende
bees te teel. Hoe ?
Die Indicus Taurus verhouding is reggestel.
Aanvullende parings is gedoen met Bovelder bulle en Bonsmara bulle
en later korrektiewe paring. Enige ras wat n bydrae in die
opgradering kan maak is gebruik om n genepoel te vorm wat kan lei
tot verhoogte produktiwiteit.
In 1986 is die Hoλveld Bees Studiegroep gestig en
Boshoek Bovelders is bevoorreg om tot vandag toe lid te wees van die
unieke groep telers. Connie en seuns was bevoorreg om vir 18 jaar
saam te boer en n bees te teel wat op wetenskaplike beginsels
gegrond is. Vanaf 2005 is die Bovelder kudde onder die bekwame
leiding van Dr At Viljoen en die eienaars Paul en Liana van Niekerk.
Vanaf 2019 het ons kinders Charl en Liana Theron by die boerdery
aangesluit en kon ons as Familie die Bovelder kudde uitbrei.
Boshoek Bovelders bly glo in die Bovelder Composite
filosofie. Hierdie vertroue wat ons in die Bovelder het word
bevestig deur die feit dat daar oor groot dele van ons land geboer
word met die Bovelder, n aangepaste en funksioneel doeltreffende
dier.
Doelgerigte teling word toegepas om op spesifieke
doelwitte te fokus nl:
●
Vrugbaarheid
●
Produktiwiteit
●
Funksionaliteit
●
Aanpasbaarheid
●
Aaanskoulikheid
Boshoek Bovelders voel sterk deur gebruik te maak
van n paar basiese beginsels wat teling, seleksie, bestuur en
bemarking insluit in jou beeskudde , kan jy waarde toevoeg wat kan
verseker dat dit nog volhoubaar is om met beeste te boer. Waarde
toegevoeg tot ons kudde is:
●
Boer met n bees wat aangepas is in die strawwe suurveld
toestande van die Oos Vrystaat.
●
Vrugbaarheid op n hoλ standaard die afgelope 15 jaar. Meer
as 95% kalfpersentasie.
●
Speen swaar speenkalwers die afgelope klompie jare bo 250
kg, voerkrale betaal n premie vir ons kalwers.
●
Koeie kalf elke jaar, uitskot baie laag.
●
Doen gereeld kuddeklas
●
Paring van verse word individueel gedoen met die regte bulle
dmv KI.
●
KI eerste rondte meer as 70% van koeie om beste beproefde
bulle te kan gebruik
●
Opvolg bulle almal A-bulle wat weer op veilings verkoop
word.
●
Hou elke jaar vroulike dier veiling in Februarie saam met
Maritz Bovelders
●
Hou elke jaar n bulveiling in Augustus saam met Maritz
Bovelders
●
Maak gebruik van DNA om vaderskap te bepaal op bulle en
vroulike diere.
●
Goeie finansiλle rekords van ons beesvertakking word gehou
om jaar vir jaar te vergelyk.
●
Nasionale Voermol Beesboer van die jaar 2005
Besoeke
of n telefoon oproep is altyd
welkom op Boshoek! |