|
●
Die beeste self- Cobus het gehou van die tipe beeste wat hy
by Bovelder boere gesien het.
●
Die Studiegroep beginsel.
●
Die beginsel dat Dr. At op daardie stadium hom gehelp het om
homself te help was vir Cobus baie aantreklik. Hy kon van sy eie
bulle gebruik, terwyl sy gevoel
was dat van die ander rasse net bulle
wou verkoop.
●
Die feit dat bulle geselekteer word uit groot kuddes waarmee
redelik ekstensief geboer word het vir hom baie sin gemaak.
Cobus het gevind dat medium en ietwat kleiner raam
beeste goed presteer onder sy toestande en hy probeer gevolglik
kort dik bees teel.
Strydhoek Boerdery, Highland Farms, Biggs Cattle
Company, Fyfie Farming, Prisma Boerdery en Clan Lesley Estate hou op
22 Augustus saam veiling as die Optimum Bovelder Groep. Die veiling
vind plaas by Eeram veilingskraal.
Cobus se vrou Mary staan hom in die boerdery by. Haar
passie is Wiskunde onderrig en sy bied vanjaar al 25 jaar lank
Wiskunde kampe op die plaas aan. Hulle het drie dogters , Riana is
klaar gestudeer en werk by n rekenmeesters firma, Alita studeer
Wingerd en Wynkunde en Karli ingenieurswese.
Vir ontspanning ry die gesin graag perd. In die
winter ag Cobus dit sy plig om n paar stukkies biltong huis toe te
bring, terwyl Mary, as sy n kans kry, die pieke van die
Drakensberge verken. Op 87 is Cobus se pa, Willem nog nou by die
boerdery betrokke . |